Anele Situlweni het sy graad aan die Universiteit van Kaapstad verwerf, en sy eerste professionele rol was in die produksie Skelmstreke onder die regie van Sandra Temmingh. Die produksie het by die KKNK, Suidoosterfees en Oude Libertas-amfiteater gespeel. Anele het daarna betrokke geraak by opvoedkundige teater by Arepp: Theatre of Life, waar hy as akteur, vertaler en taalkonsultant gewerk het. Sy filmdebuut was in die Duitse rolprent Schweitzer in 2008, wat op die lewe van die genie Albert Scheitwer gebaseer is. Anele was ook te sien in Romeo and Juliet - UNPLUGGED onder die regie van Anthea Thompson in 2009, en was hy ooki al radioaanbieder op die Monate Feela Show.
  David Konrad is bekend vir sy rol as Dr. Herman du Preez in kykNET se Binnelanders, en hey hy in 2015 by die geselskap aangesluit in 'n ondersteunende rol. Vir die sepie se twaalfde seisoen in 2016, het sy rol gegroei tot een van die hoofrolle. David het sy talente in New York en Los Angeles geslyp, waar hy onder andere in die Meisner-tegniek opgelei is. Tydens sy verblyf in Amerika het hy in verskeie rolprente gespeel, waaronder The 25th Hour, onder regie van Spike Lee. Op die TV was hy ook in die reek Generations, 7de Laan, 102 Paradise Complex, Zero Tolerance, Jacob's Cross, Kruispad en Isidingo te siene, asook 'n gereelde rol in die e.tv-sepie Rythm City in 2013 vertolk het. Verhooghoogtepunte sluit in rolle in A Night with Tennessee Williams, Binnereis, Siener in die Suburbs en Risiko.
Dirk Joubert het sy studies aan die Waterfront Theatre College voltooi met 'n Trinity (London)-lisensiaat in Drama en Musiekteater in 2015 en het sedertdien die vermaaklikheidswêreld in al sy velde verken, teksredigeerder, besprekingsbestuurder en stemkunstenaar. Hoogtepunte in sy verhoogloopbaan sluit in 'n verskyning in Janice Honeyman se pantomime Pinnochio, gevolg deur die musiekblyspel Priscilla Queen of the Desert. Na 'n baie suksesvolle speelvak in Suid-Afrika, het Dirk die rol van die produksie-choreograaf oorgeneem en die speelvak in Hong Kong. Dirk is ook 'n vaardige sosiale media bemarker en het onder andere die sosiale media vir Fliek Chick met Nadia Beukes hanteer.
Gregg Pettigrew se liefde vir die verhoog kom van kleintyd af en is hy al meer as 30 jaar professioneel op die verhoog te sien. Behalwe vir die tegniese vaardigehde wat hy in sy tyd as professionele akteur oorsee opgedoen het, glo Gregg dat sy wye ervaring en veelsydigheid hom as akteur net soveel baat. Gregg het hoofrolle in sommige van die grootste musiekblyspele regoor die wêreld vertolk, wat wissel van Ridgers en Hammerstein, Andrew Lloyd Webber tot die meer tegniese Jacque Brel. Dramatiese rolle en produksies bly egter sy eerste liefde en het hy talle toekennings in Australië en Nieu-Seeland vir sy werk op die verhoog ontvang. Gregg glo vas dat die dramatiese kunste daar is om ander se lewens te verryk en sosiale kommentaar op 'n unieke manier te lewer. Of dit nou op die verhoog of skerm is, lewer Gregg elke vertoling wat hy gee met unieke eerlikheid aan homself en die karakter, en dis wat hom die opregte kunstenaar maak wat hy is. 
Mauritz Badenhorst het sy studies aan die New York Film Academy voltooi, nadat hy besluit het om 'n 12-jaar lange beroep in bemarking te verruil vir sy passie in musiekteater. Sommer dadelik sit hy sy vaardighede in eerste rat by Connolyteater (New Tork) waar hy die rol van Billy Idol in The Wedding Singer vertolk het. Daarna was hy te sien in die hoofrol van 'n konsep-lesing van Camilla en in Jason Robert Brown se uitdagende Songs for a new World. Terug in Suid-Afrika het hy die rol van Koning Boegoe in Doringrosie vertolk en vorm deel van die ensemble in Janice Honeyman se pantomime Pinnochio. Tydens sy tyd in New York het Mauritz in 'n paar kort films verskyn; van pretigge musikale film Winning New York tot die meer ernstige vertolking van 'n ou soldaat Phantom, en ook in flms soos Yolo, Loving (Im)perfection en Imitation, om net 'n paar te noem.
Nathan Hammond begin sy opleiding eers met 'n rolprentkurses by Bright Light Film Academy onder Willie Olwage, gevolg deur sy Diploma in Film en Televisie. Nathan se ander groot passie is dans, en werk hy tans as hip-hop instrukteer by die NAPA Drama and Dance Factory. Nathan is genooi om in Julie vanjaar aan die jaarlikse iPop in Los Angeles deel te neem, waar ontluikende aan agante, bestuurders en ander rolspelers in die vermaakliheidsindustrie ten toon te stel. 
Zack Mtombeni het sy opleiding by die Performing Arts Lifestyle Institute ontvang en kry hy sy diploma in 2016. Zack vertolk die rol van Peter vir bykans drie jaar op kykNET se Binnelanders, en is in 2018 ook op die silverskerm en vertolk rolle in rolprente soos Stroomop, Boesman my Seun, Jou Romeo en sy persoonlike gunsteling, Vaselinetjie. Op die planke vertolk hy rolle in stukke soos Gods of my Country, Ankerloos, Vir die Wurms en Shareen Swart se weergawe van die klassieke Taming of the Shrew.